Cameron-Lee Renwick

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As ek 'n kleur was, sou dit beslis pienk wees. Ek is 'n borrelende, maar sagte en liefdevolle persoon daarom het ek al van graad agt af geweet dat 'n sagte pienk die kleur van my matriekafskeidrok moes wees! Roedolf D Couture was die ontwerper wat hierdie asemrowende rok tot stand gebring het. Met ons eerste ontmoeting kon Roedolf al aflei dat ek iemand vir fyn detail en 'n voldoende hoeveelheid blink aksente is. Ek dink die mees unieke eienskap van my rok is die ingewerkte hakkies wat my sleep kon laat terug hak sodat ek die aand gemaklik kon dans. Die donker pienk satyn aan die binnekant van die rok was 'n ekstra verrassing wat eers gewaar kon word wanneer ek 'n tree voorentoe neem. Die rok was nie net stylvol nie, maar ook gemaklik en was soveel meer as waarvoor ek ooit kon gehoop het!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media