Cameron Bradbury

Paarl Girls' High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My inspirasie was om my innerlike prinses te laat verskyn. My rok was 'n kombinasie van 'n prinses en feetjie styl.

Ek wou sag vloeiende lyne gehad het met 'n klassieke korset. My gunsteling kleure is blou en groen en my rok se "teal" kleur was perfek tussen die twee. Die rok se fyner detail en afwerkings het 'n groot verskil gemaak aan die uniekheid van my rok.
Die korset gedeelte was apart gemaak van die rompgedeelte sodat ek dit kan meng en pas en nog baie in die toekoms op verskillende maniere kan dra. Ek is lief vir die buitelewe en dans en het daarom besluit om die sjoebroekie daarby te ontwerp, sodat ek gemaklik kon wees wanneer ek dit dra.

Baie dankie aan almal wat my sprokie aand help spesiaal maak het.
Eerstens my metgesel: James du Preez
Rok: Maria Bellmunt
Grimering: Delaney Siebert
Hare: Wendy Ann Knowles
Fotograaf: Malita` de Kock van MalitzK fotografie

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media