Calista Van Rooyen

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

‘n Elegante, lig blou, meermin silhoeët rok met die fynste besonderhede van pêrels, glinsterende krale, diamant knopies en ‘n ligte deursigtigheid wat skitterblink as ek loop. My moulose rok se stywe bolyf was afgerond met fyn snoer pêrel bandtjies by die arms.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leeuwenhof Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Wat begin het met ‘n basiese prentjie, het ontwikkel in die perfekte droomrok. Saam met Anel Botha Couture en haar span het ons na elke pas gevoel dat die rok ons meer en meer herhinner het aan die “Little Mermaid” met die glinsterende krale en pêrels van die magiese blou see. Uniek aan my, my lugtige gees, en wat my vrouwees komplimenteer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gevoel dat ek oorgegaan het van ‘n matriek meisie met ‘n kop vol eksamens tot ‘n prinses met ‘n rok wat skitterblink terwyl ek loop, my laat sprankel en die grootse glimlag ooit agtergelaat het!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media