Calista Enslin

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie Champagne pienk rok het net so blink onder die ligte geskitter soos die lieflike rooskleurige glasie champagne waarmee ons ons matriek jaar afgesluit het op die aand van die matriekafskeid. Die rok het n blink bedekte corset wat met individeule pienk geglinsterende blomme versier is om die boddes,saam met pof moue wat die elegansie van die rok mooi afrond. Die verassings lê by die slit van die rok, wat goed weg gesteek word met die rok se snit om n beskeie en elegante rok te vorm.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

AHS Matriekafskeid

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek bewus was van die konsep van matriekafskeid het ek dadelik in kinderlike opwinding in my spaar tyd gekyk na matriekafskeid rokke. Na jare se gepin op Pinterest, het ek talle style matriekafskeid rokke oor die jare op my foon geberg. Toe my oog die blom versierde corset styl gevang het, het ek geweet die neusieverby vir my ouers se beursie en van toe af het die soektog na my droom rok begin.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die corset gedeelte. Daar is ongelooflik baie sorg in die rok se detail gesit. Elke blommetjie is individeeul geplaas en gemaak om die rok baie dimensie te gee. Die slit was eintlik n verassing wat ek eers na die tyd oor opgelet het omdat die rok nie opvallend voorkom asof daar n slit in die ontwerp moes wees nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media