Caitlyn Zwart



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Hierdie is my heel eerste ontwerpte en gemaakte rok spesiaal net vir my.
Ek en my ma het lank na idees gekyk, beplan en natuurlik lank gespaar om my rok so spesiaal en eie aan my persoonlikheid te perfek vir so n ongelooflike spesiale dag in elke meisie se lewe.
Ek is n plaas meisie wat hou van eenvoud en styl, ek wou he my rok moes my persoonlikheid uitstraal!
Ek het van die begin af n idee gehad oor die styl en kleur wat ek graag wil he my rok moet wees en ook dat ek self graag sal wil deel wees van die ontwerp proses.
Die “morrocan blue” kleur het dadelik vir ons uitgestaan en die keuse, min weetende die uitdaging om n kant bo-stuk te kry wat sal in “blend” met die besonderse blou. Ek en my ma het orals gesoek en toe besluit ek om self die blomme en die kant bo-stuk te maak. Die perêls en kristalle was deel van die ontwerp en harde werk van die ontwerper wat elkeen individueel opgesit het.
Ek voel ongelooflik bevoorreg dat alles perfek was die dag en my rok het my ekstra spesiaal laat voel! Caitlyn xxx