Caitlin Green

Eunice High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur EL Heathcote in Bloemfontein gemaak. Dit is klassiek en elegant in goud, maar tog met abstrakte detail van pêrels en kristalle, wat in voue en voue goue materiaal vasgewerk is! Ek het aanvanklik gedink aan groen, maar toe my ontwerper my ontmoet het sy goud voorgestel...ek is so bly ek het na haar voorstel geluister! Ek is mal oor my rok, dit het my persoonlikheid perfek weerspieël! Ons het skoene en juweliersware met tydlose pêrels gekies wat mooi saam met die rok pas om die prentjie af te rond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor klassieke style en wou dus graag 'n klassieke rok hê, maar tog met detail iewers wat sou uitstaan. Ek was egter self nie seker wat dit moes wees nie! Ek het al lankal 'n prentjie gekry van 'n rok met twee bande wat voor sou kruis om 'n halternek te vorm, en 'n vol romp daarby. Dit was van die begin af vir my mooi maar 'iets' het beslis gekort om dit te laat uitstaan...en daarvoor kan ek beslis ál die krediet vir my ontwerper gee! Sy het haarself oortref met die detail van die rok, en het met ure se handewerk die pêrel- en kristalledetail bygesit wat my rok absoluut besonders gemaak het!!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die pêrels, kristalle en goue detail oral in die voue van die lap!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media