My rok is n diep persoonlike weerspieëling van wie ek is, en die gebruik van foto's op die satyn bring my storie tot lewe wat ek sedert graa7 gehad het en om uiteindelik hierdie ontwerp te sien, was n dream come true. Die blommetjie-mesh bokant, met die effense oop rug, is presies wat ek in gedagte gehad het. Deur die eenvoud van die top te balanseer met die opvallende foto's op die vloeiende onderkant, het ek en my ontwerper n ontwerp geskep wat presies die fokuspunt is wat ek wou hê. Die elegante vloei van die rok ,met die regterkantste slip, trek op n subtiele maar onmisbare manier aandag en dit beklemtoon my middel op n stylvolle manier. Die rok het beslis koppe laat draai, laat stilstaan, en selfs 2 keer laat kyk.
Wat die rok meer spesiaal maak is dat dit ontwerp is deur een van my seniors toe ek graag 8 ingestap het, Dali Du Bruyn (Dali Studio)
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Martin Oosthuizen
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My insperasie vir my matriekafskeidrok het ontstaan uit n begeerte om almal se oë op my te hê en almal te skok. Die idee het gekom vanaf graad 7 waar ek iemand n hemp sien dra het waar foto's op gedruk was, maar as n grap bedoel het. Dit het my juis laat nadink dat ek op so n manier my kosbare herinneringe op n elegante en stylvolle manier kon vasvang. Dis alles danksy my ma wat vir my gesê het dat ek dit moet doen en by my oorspronklike idee hou. Die rok was n totalle weerpieëling van wie ek is as mens.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die satyn onderkant waarop die foto's gedruk was. Hierdie unieke ontwerp het al my goeie herinneringe vasgevang , en elke keer as ek daarna kyk, kan ek terugdink aan hoe vêr ek gekom het in die lewe. Die rok het my net herinner aan die waarde van die lewe en dat dit te kort is, ons moet elke dag nuwe herinneringe skep en in foto's vasvang. Wat my gunsteling ook was, was hoe al die mense opgewonde na my toe gekom het, om die foto's te soek waar hulle deel van my lewe was- dit was n wonderlike manier om ons gedeelde herinneringe te vier en dke band tussen ons te versterk.