Bianca Smith
Hoërskool Hartbeespoort



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
As jong meisie het ek gedroom om soos Cinderella by die bal te dans in ń onvergeetbare rok. Net so het ek met behulp van my Goeie Feë, Aly Warbie, my rok vir my spesiale aand gemaak.
'n Sagte blou satyn wat tot op die grond strek, afgesny van die skouers(waarvan die moue verwyder kon word soos daar na dit verleng was). Die rok het 'n korset met ń lae halslyn, toeryg rug en 'n luukse silwer kant, delikaat en eksoties afgewerk. Ek het voorwaar pragtig gevoel, net soos Cinderella.