Bianca Long



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is ontwerp deur Desiré Krantz (Desiré Krantz Atelier). Sy is vir my soos ń tweede mamma & weet altyd presies hoe om my soos ń prinses te laat voel. Ek het ń prentjie in my kop gehad & een ding beslis geweet- ek wou uitstaan. Matt 5:16 – “Be a light for all to see”, was my inspirasie vir die blinkers agter my rok. Dit was eers toe ons dié perfekte materiaal ontdek het dat ons kon begin werk aan my droom rok. Elke stukkie materiaal is met die hand opgewerk & ons het stukkie vir stukkie my droom rok ontwerp. Dié droom rok was ń een skouer rok, met ń "overskirt" wat kon afhaak – Die "overskirt" het die prinses-faktor in my rok ingebring & vir my die ‘Best of both worlds’ gegee, omdat ek ń vloeiende prinses rok en ń moderne, elegante rok in een gehad het. Die rok het beslis my persoonlikheid uitgebeeld en ek sou niks daaraan wou verander nie.