Bianca Botha

Otto du Plessis

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die kleur van my rok is Blauwgroen(Teal green) Ek het besluit op 'n nousluitende, moderne rok wat my figuur beklemtoon. Die rok het 'n spleet van voor, om gemaklik daarin te kan beweeg. Die kort sleep het elegansie verleen op die rooi tapyt. Ek kon die sleep opknip na die tyd vir gemaklike beweging toe ons gedans het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was 'n toonbeeld van vroulikheid. Ek wou van skool dogter ontwaak het in 'n elegant vrou. Die rok moes my persoonlikheid weerspieël en die kleur moes my velkleur komplimenteer. Ek het volle vertroue in die ontwerper, Alec van Vuuren gehad om my droomrok te ontwerp. Alec het presies geweet wat ek ingedagte gehad het en met elke pas van my rok het hy my verwagtinge oortref. Ek het soos 'n volwaardige dame gevoel in my droomrok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling gedeelte van my matriekafskeidsrok is die delikate fyn geborduurde kant, wat op die bo stuk, spleet en soomlyn gebruik is. Die kant het twee skakerings van groen gehad. Die milano satyn het die twee skakerings kant gekomplinenteer. Dit is versier met blinkertjies & groen & silwer edelstene. Die styl van my rok het vroulikheid & elegansie uitgebeeld.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media