Bianca Bezuidenhout
Hoerskool Waterkloof
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Eerstens het ek besluit op n rok met 'n korset. Daar is pragtige borduurwerk op die korset. 'n Korset is klassiek, tydloos en bied n goeie porstuur aan die persoon wat dit dra. Tweedens het ek besluit op 'n nousluitende rok om my figuur uit te beeld. Die rok eindig met 'n kort sleep, om die rok te beklemtoom. Daar is groen kant opgeborduur en silver steentjies opgeplak (elke steentjie is met die hand opgeplak en het altesaam 9 ure geneem). Dit dra by tot die uniekheid van my rok. AVD Fashion Couture het hierdie droomrok vir my 'n realiteit laat word.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
19 September 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Groen bring vreugde, nuwe lewe soos die lente van die winter. 'n Nuwe seisoen. My matriekafskeidrok dra ek met die wete dat ek my skoolloopbaan afsluit na 12 jaar se harde werk. Die groen borduurwerk op my rok simboliseer die bome wat bot. Die silver steentjies simboliseer die eerste lente reen, 'n vars nuwe begin. Ek is 'n baie avontuurlustige persoon wat baie van die natuur hou. Ek het die kleur groen gekies want dit simboliseer die pragtige wereld daarbuite.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok was vir my prentjiemooi, van kop tot tone. Ek het veral gehou van die oop rug ook versier met borduurwerk en silver steentjies. Ek voel 'n rok met 'n oop rug is gemaklik maar steeds elegant. Om 'n oop rug te dra, moet jy gemaklik wees in jou eie vel sodat jy dit met selfvertroue kan dra.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19