Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het ‘n wit en swart, noupassende rok met vloeiende lyne en geplooide detail gekies.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja - 19 September 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was geïnspireer deur die wit en swart bikini, gedra deur Domino in die James Bond fliek, Thunderball. Dit was egter eers toe ons die idee voorgelê het aan die ontwerper, Ilse Roux, dat alles perfek bymekaargekom het. Die rok het my verwagtinge oortref en het werklik my droom bewaarheid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die kontras tussen die twee kleure, wat terselftertyd ook in harmonie met mekaar vervloei was.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19