Azaria Basson
Hoërskool Dr. Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Dit was baie belangrik vir my dat my matriekafskeidrok uitbeeld wie ek is en ek dink werklik dit is presies wat die rok doen. My rok is ń suurlemoen geel kleur en is n tipiese 'prinses rok'. Die bokant van die rok het ongelooflik baie detail met kristalle en blinkers wat my soos n ster laat skitter het. Die onderkant is wyd met n langer agterkant en die moue is n tipe boho, off the shoulder styl.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Dr. Malan
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
As kind was ek mal daaroor om te maak asof ek n prinses was en dat my prins op n wit perd my eendag sal kom haal en saam my in my mooiste prinses rok sou dans tot die son opkom. Aangesien die prins nog nie hier is nie het ek belsuit om maar saam myself te dans in die rok van my drome tot hy eendag opdaag. Dit was baie belangrik vir my dat my rok my weer soos n kind laat voel en dit het werlik net dit gedoen! Ek het beluit om met n ligte geel te gaan omdat ek voel dit werklik my persoonlikheid uitbeeld. Geel is n vrolike kleur en dit laat mense glimlag en gelukkig voel en net so is dit vir my die lekkerste ding wanneer ek mense n bietjie vrede in hul dag kan bring. Die rok is redelik groot en het baie plek op die dansvloer opgeneem, maar dit is presies wat ek wou hê! Dit het my maak voel asof ek net die heel aand in die ronde wou draai en ek kon nie genoeg daarvan kry om soos n werklike prinses te voel nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is hoelveel detail daarin gesit is. Dit het werklik gevoel asof my 'fairy godmother' my met n waai van haar staf in n prinses in verander het. Die hoeveelheid steendjies en blinkers het regtig die illusie gegee dat daar so bietjie 'magic' betrokke was in die maak van die rok. Die moue is ook nog n gunsteling vir my. Dit het n bietjie van n moderne effek aan die rok gegee en natuurlik was die feit dat ek gemaklik kon dans n groot plus gewees!
Te danke aan Kalib van Werner Dey Couture het my droom waar geword en sal ek vir altyd onthou hoe mooi ek gevoel het op my matriekafskeid.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03