Asiphe Mkhize
Helpmekaar Kollege
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek sou my rok beskryf as die perfekte kombinasie van “old hollywood glamour” en elegansie. My rok is ń goeie uitbeelding van my persoonlikheid en my smaak oor die algemeen . Vir my, is my rok ń aanduiding van die tiepe jong dame wat ek nou begin word. Iemand wie elegant is maar het tog ook daardie subtiele glans en “wow” faktor !
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja ek het - Helpmekaar Kollege
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek onthou die eerste keer toe ek Kendall Jenner se 2021 Met Gala rok gesien het, ek dadelik verlief geword op die styl en ontwerp van die rok. Ek was nog altyd mal oor die “old hollywood glitz and glam” atmosfeer en toe ek Kendall Jenner se rok gesien het en later aan geleer dat een van Audrey Hepburn se rokke die inspirasie was vir haar rok; het ek geweet dat die, die inspirasie gaan wees vir my matriekafskeid rok. Ek en my ontwerper Juan Williams Aria het saam besluit dat ons sekere dele van die rok gaan verander om dit elegant te hou maar nogsteeds daardie “old hollywood” en “wow” faktor deur te bring in die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die diamantés was beslis my gunsteling deel van my matriekafskeid rok ! Dit het my genoeg laat uitstaan by my matriekafskeid, dit het daardie “old hollywood” elegansie deur gebring en laastens het dit vir my daardie “wow” faktor gebring wat ek bitterlik graag in my rok se ontwerp wou gehad het. Dit was die perfekte hoeveelheid diamantés.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05