Ashley Kruger



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is 'n ware illustrasie van my persoonlikheid. Die uitstekende rok ontwerper, Moss van Mx-Creations het alles wat ek gedroom het en meer in een rok saamgebring. Die elemente in my rok is as volg.
Die pastel geel wat entoesiasme en vreugde simboliseer. Die Glitter wat uit my sy gekom het,dien as 'n prentjie van 'n sonstraal en ook wortels van 'n boom ,hoekom mag jy dalk vra ? Die sonlig ,want mense noem my altyd 'n sonskynkind ,my doel in die lewe is om 'n lig vir ander mense te wees.Die wortels van 'n boom ,want my fondasie is reg vir wat okal mag voorle en my "wortels" is dit wat my anders maak as ander mense. Dan het ek ook 'n ekstra stuk op my rok wat ek kon afhaal ,maar wat bygedrae het tot verdere elegansie. Laastens is daar 'n strik ,want dit herinner my aan my kinderjare.
Moss het nie net dit reggekry om my persoonlikheid in een rok te kry nie ,maar dit was 'n vorm van elegansie ,verfyning en definitief gemak.