Ashley Buchling

Hoërskool Oos-Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag n elegante klassieke rok ontwerp, waarmee ek baie gemaklik kan beweeg en voel. My rok is grys en silver van kleur, met n jumpsuit gekombineer. Ek het n lae halslyn gekies vir my rok met n korset. My rok het twee verskillende kante wat dit baie uniek gemaak het. Die een kant van my rok bestaan uit ń silver satyn materiaal, waar die bo kant n lang mou is en die onder kant die rok is, is daar ook een silver langbroek pyp , die ander kant van my rok bestaan uit ń bling organza materiaal met ń korter mou en waar daar ook ń bling organza broekpyp is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Oos-Moot

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was my ouma want sy was ń baie goeie klere ontwerpster en dis waar ek my liefde vir klere maak gekry het. Ek en my ouma sou my rok saam gemaak het maar sy is ongelukkig in 2023 oorlede aan kanker. Ek het n baie spesiale vrou gekry wat die rok vir my kon maak soos wat ek dit wou gehad het. Ter nagedagte aan my ouma het ek besluit dat kort hare baie elegant by my unieke rok sal pas, ek het die dag voor die matriekafskeid 34cm van my hare afgesny en geskenk vir kanker.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die rok-broek gedeelte, want dit was heeltemal iets anders en besonders.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media