Ashanti Fleming

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was pasgemaak om n droom om te skakel in n onbeskryflike realiteit. Die idee van my rok was om n elegante en stylvol laventel pers, sagte lilac material te kombineer met eweredige delikate geboorduurde blommetjies gee n natuurlike sierlike voorkoms, wat n slit insluit, en n 3D lace agter om my rok mooi af te rond deur daai oop rug effek te gee.En die materiaal gee my rok n luukse en feestelike gevoel Ek wou he my rok moes my verteenwoordig, en hierdie ontwerp het die unikheid daarvan vir my verseker. Die span van Scarlett Red Boutique se ontwerp, het hierdie wonderlike oomblik vir my n lewenslange belewenis gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir hierdie rok was gevestig in die gevoel van hoe graag ek wou he hierdie rok wou my moes verteenwoordig. Die gevoel wat ek gehad het om te weet dat ek beheer kon he oor n ontwerp het my baie opgewonde gemaak, en ek het dele geidentifiseer wat ek graag wou doen aan my rok, en ek het hier en daar paar idees gekry en op die ou end van die dag het ek hierdie unieke prentjie in my kop gehad van n rok wat ek graag sou wou dra. Met advies van my ontwerpster, kon ek my prentjie realisties maak. Ek glo dat idees word geskep volgens jou eie eienskappe en waardes, en dit was my inspirasie. Daars soveel mooi in die idee om jouself te wees.Ek het gemik vir n natuurlike skoonheid uitdrukking waar ek my mooiste kon voel en n regte prinses oomblik hê.n Rok wat my nie bang gemaak het om selfversekerd te wees nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die geboorduurde blommetjies,dit het my rok lewendig laat voel en die rok meestal uniek maak.Dit herinner my ook aan die natuur wat vir my n dromerige atmosfeer geskep het,soos iets uit n sprokiesverhaal.Ek glo daar is niks mooier as basiese natuur wat ons elke dag miskyk .

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media