Arnél Berning
Hoërskool Eldoraigne
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is die ontwerper van my eie rok en het my ontwerpsketse na tannie Zenda geneem om dit tot lewe te bring. Die elegante formele aandrok het 'n vloeiende ontwerp, gemaak van 'n ligte lugtige stof in 'n sagte silwerblou kleur. Die lyfie is korset gestruktureerd met dun bandjies en 'n hartvormige halslyn wat versier is met delikate, borduurde skoenlappers. Die rok het 'n hoë spleet aan die kant, wat 'n elegante maar gewaagde aanraking aan die algehele voorkoms toevoeg. Die romp is grasiues wat die rok romanties en esteties laat voel.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Eldoraigne
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Sprokieagtige, dromerige, estetiese formele aandrok wat 'n balans tussen klassieke grasie, dramatiese, romantiese en moderne styl inspireer, wat die rok 'n kombinasie van tydlose skoonheid en kontemporêre styl bied. Die skoenlappers simboliseer ek wat my vlerke sprei en my koekon verlaat na 12 jaar. Dit verwys ook na die nuwe hoofstuk wat ek gaan begin.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my rok is die afneembare romp, dit skep 'n gevoel van transformasie wat formeel na gemaklikheid kan oorskakel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20