Ariana Smal

Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n elegante en tydlose nousluitende satyn rok. Handgewerkte sjampanje kant raak geleidelik minder op die rug en vloei saggies af in 'n kort sleep. Swaar kant op die hals gee n luukse gevoel, wat die halslyn en rokspleet afrond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n rok hê wat my persoonlikheid en menswees uitbeeld. 'n Rok met klasieke kant en 'n kleur wat my vel komplimenteer. Ek wou gemaklik voel in die rok wat ek dra sodat dit my selfvertroue 'n hupstoot kon gee, en sodat ek heelaand kan deurgaan met n glimlag.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeid rok is die kant wat afvloei op die rok en die vorm van die rok komplimenteer. Die kant maak die rok uitstaan en dit skep 'n unieke gevoel en perspektief. Die rok beeld my sagtheid uit deur die ligte sjampanje kleur.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media