Anzeri Scott
Cambridge Tuisskolier



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die asemrowende kleur was die uitsonderlike element van my rok. My rok was jeugdig, elegant en tydloos. ń Verdere vereiste vir my was ń praktiese rok waarin ek gemaklik kon sokkie.
Die ontwerp van my rok was simplisties. Die bostuk het uit delikate kant bestaan en die romp is gemaak van satyn met lae fyn net oor. Komplimente aan Hilma van Hilma Couture wat my idees omgetower het in my droomrok wat perfek by my gepas het.
Baie dankie aan Marita Keet-Kotzé wat my grimering en hare gedoen het en ook die foto's geneem het.