Anzél van der Westhuizen
Leeuwenhof Akademie
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het baie naby saamgewerk met my ontwerper, Michelle, om hierdie droomrok te ontwerp. Ons het saam gewerk aan elke detail – van die snit en lap kies en die skuins oop rug tot die kleiner afwerkings soos die knope en Swarovski-steune wat die rok so besonders maak. Dit was ongelooflik om te sien hoe my idees en haar kreatiwiteit saamkom om iets te skep wat perfek my droomrok is.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja,Leeuwenhof Akademie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd gedroom van ń rok wat elegant en deftig is,maar tog sexy.Ek wou ń rok hè wat my styl en persoonlikheid weerspieël,wat my laat mooi lyk en voel.Pienk was ń natuurlike keuse vir my aangesien dit my gunsteling kleur is en vir my sagtheid en verfyning uitbeeld.Ek en die talentvolle modeontwerper, Michelle Howell, het saamgesit en hierdie droom tot ń werklikheid gebring.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was defnitief die skuins oop rug en die Swarovski-steuntjies wat dit tot ń eenheid gebring het.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-04