Anya Brink



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
‘n Matriekafskeidrok, as iets waaroor meisies vir jare lank droom, moet in my opinie tydloos, gemaklik en ‘n uitbeelding van self wees. En dit is presies wat dié rok vir my was. Die kleur kombinasie van « avokadogroen » en laventel, gepaard met die dubbelromp en sleep wat ek en my talentvolle ontwerper, Henk Oosthuizen, hard aan gewerk het, was perfek! Ek was gesëend om met oom Henk die unieke materiaal te gaan uitkies en kant te plaas waar ek dit wou hê, en het dus nóg meer deel van die ontwerp proses gevoel – ‘n proses waarop ek baie trots is. Die ligte groen en pers van die rok beeld die sagte, omgee kant van my persoonlikheid uit maar terselfdetyd is dit ‘n « striking » rok, net soos wat ek streef om te wees! Dit was ‘n spesiale aand, wat ek nooit sal vergeet nie.