Antoné Menne
Hoërskool De Aar
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok is gemaak van ‘n sagte, ligte blou materiaal. Die boonste gedeelte is noupassend met delikate kant en word ondersteun deur dun skouerbandjies, wat lei na ‘n sagte geboë halslyn. Die rompgedeelte vloei uitwaarts vanaf die middel, in ‘n klassieke A-lyn silhoeët, wat die rok ‘n prinses-agtige voorkoms gee. Die rok het verskeie lae, wat volume en beweging byvoeg. Die oppervlak van die rompgedeelte het ‘n weerkaatsende glans, terwyl dit steeds sag en delikaat bly.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool De Aar
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het iets gesoek wat nie net pragtig is nie, maar ook gemaklik, sodat ek die aand kon geniet sonder om ongemaklik te voel. Daarom het ek besluit op die A-lyn vorm, met bandjies. Ek het op dié kleur besluit, aangesien dit pas by my oë en omdat dit die rok ‘n sagte, elegante voorkoms gee. Die besonderhede op die bostuk weerspieël ‘n liefde vir natuur. Enkele gedagtes en besonderhede, het dus ‘n rok geskep wat perfek by my pas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok het nie nét vir my opgewonde gemaak nie. Dit het klein dogtertjies, wat my die aand van ons matriekafskeid gesien het, herinner aan Elsa van ‘Frozen’.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19