As ek my rok moet beskryf dan is die eerste woorde wat opkom "UNIEK" of "ANDERS". Dit is ʼn kombinasie van my gunsteling ontwerpe en idees. Ek het aan die heel begin van die proses ʼn rok aangepas wat soos die bo-stuk van my finale rok gelyk het en dit het vir my ʼn prentjie van ʼn skoenlapper geskep. Ek wou ʼn rok hê wat my soos ʼn prinses sou laat voel maar terselfdertyd my soos ʼn elegante volwasse meisie sou laat lyk waarna my kleiner self kon opkyk en sien hoe haar drome waar geword het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Bethlehem Voortrekker Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok het al my verwagtinge nagekom, dit het my laat voel soos n elegante prinses en sommer sexy ook!!Ek het seker 5 ander idees gehad voordat ek hulle almal gekombineer het om my droom rok te ontwerp. Die' V-shape' bo-stuk het vir my herinner aan ʼn skoenlapper se vlerke en die aanknip romp het vir my daardie feetjie verhaal gevoel geskep. My rok het elke aspek van my perfek weerspieël en ek dink dat dit ook mooi uitgebeeld word in die foto waarin my rok saam met die wind waai- meeste mense sien my as hierdie stil en teruggetrokke meisie, maar as jy my eers leer ken is ek sprankelend en spontaan en sprei ek my vlerke werklik. Hierdie dag waaroor almal droom vandat hulle geweet het wat dit is het my geleer om die proses te vertrou en geduld te hê want op ʼn stadium het ek eerlikwaar getwyfel of ek die regte keuse gemaak het maar op die ou end het ek gesien dat alle struikelblokke wel met ʼn doel gebeur. My grootste inspirasie was verseker my jonger self en al haar drome
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die aanknip romp van my rok is verseker my gunsteling. Aan die begin van die rok maak proses het ek getwyfel of die kleur by die onderste rok pas maar toe my rok amper klaar was het ek duidelik gesien hoe die twee verskillende lappe( sequence en georgette) mekaar komplementeer al is die 2 bloue nie presies dieselfde skakering nie. EK dink ook op die ou end kon dit moontlik my rok maak of breuk en ek dink verseker dat dit my rok daai bietjie hupstoot gegee het om dit perfek te maak!