Ansuné du Toit
Hoërskool Waterkloof



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
"Life is a party, dress like it"
Ek is glad nie 'n rokkie mens nie, nog minder om te praat van hakskoene en grimering. Vir een van die spesiaalste dae in my skoolloopbaan wou ek 'n spesiale rok aantrek. Lynmarie Griffioen Couture het my rok vir my ontwerp en gemaak, presies soos ek dit wou gehad het. Ek het geweet my rok moes blou wees , omdat blou 'n kleur is wat vertroue en lojaliteit simboliseer en dit is twee waardes wat vir my belangrik is om elke dag uit te leef. Ek het gehou van die kant omdat dit nie blommietjies is nie en elegant vertoon het . Dit was een baie spesiale dag wat diep in my hart sal bly. Matriekafskeid was definitief een groot partytjie en ek is bevoorreg om só 'n rok te kon dra!