Ansoné Theron
C&N Meisieskool Oranje
Tuisdorp
Bloemfontein
Skool
C&N Meisieskool Oranje
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Scheugnet Designs van Bloemfontein
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het geweet my matriekafskeid rok praat, kleur! Ek wou kleure bymekaar sit wat my die beste komplementeer , my veltoon laat straal en my energie laat sprankel. Die lewendige oranje simboliseer warmte en lewenslus, terwyl die dramatiese, gestruktureerde pienk volume om my skouers vou. Dit is waar my styl en my persoonlikheid mekaar ontmoet het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok verteenwoordig n stukkie van my hart wat ek altyd sal koester. Dis n viering van my skoolloopbaan wat tot n einde kom & ń helder toekoms wat vir my wag.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was die oomblik toe ek myself in hierdie rok sien — elke detail, elke knopie en elke naat het eenvoudig perfek saamgewerk. Dit was nie net ’n rok nie, dit was die werlikheid van my droom. Groot dankie aan my skool dat ek my droom rok kon “af show“ by die spoggerigste geleentheid van die jaar. Wat n voorreg!
Planne vir na matriek
Ek gaan Bcom Internasionale Handel in Stellenbosch studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
spontaan
Datum van matriekafskeid
2025-10-02