Anrike Prinsloo



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My droom rok het al in gr. 8 begin as 'n vae idee (dit moet swart wees) en na 'n lang soektog het ek en my swart rok met goue sterretjies paaie gekruis nie baie lank voor die belangrikste aand in enige matiekmeisie se lewe nie!! Die rok is 'n produk van die "Dream Dress Wedding Boutique" in Pretoria, en met my eerste aanpas was die koeël deur die kerk! Ek het my feë prinses rok gevind! In die rok het ek soos 'n regte celeb op die rooi tapyt gevoel. Ons het besluit om die photo shoot op die plaas in die natuur te neem. Die swart rok en vaal natuur het mekaar gevlei en ook, snaaks genoeg, perfek gekomplementeer.
Ek was besonder bevoorreg om soos die ster van die aand te voel in my besonderse swart/goud sterretjies rok!