Anri Nieuwoudt
Hoërskool Duineveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok bestaan uit n beige onder rok wat styf om my figuur pas met n net romp bo-oor wat bedek is met klomp verskillende blomme elke een n ander skakering van rooi of maroen. Die rok het n korset vasmaak styl aan die agterkant met boning in die bodice.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja ek het
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die rok was oorspronklik iets wat my niggie vir my ontwerp het nadat ek nie iets kon kry waarmee ek bly was nie. Sy het inspirasie uit sprokies en prinsesse gekry en het probeer om daardie gevoel van fantasie te behou in die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Definitief die blomme, dit het my en my tannie n week gevat om die kant met hand op te werk en toe was ons net met die helfte klaar, maar ek sal sê dit was die moeite werd op die ou einde.
Datum van matriekafskeid?
2024-04-10