Ek soek al heel jaar na rokke wat gaan uitstaan. Uiteindelik vind ek toe ń rok wat ek geweet het anders is. Ek het dit vir my ontwerper (Gerrit Pienaar) gewys, hy het onmiddelik in sy kar gespring en ń baie spesiale stuk lap vir my gebring…
Ek het geweet toe ek dit sien, dat ń uiterste besonderse rok my drome gaan waar maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
AHMP
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die 1920/ Great Gatsby era van klassieke styl met ń dramatiese flare het my hele look geïnspireer. Ek wou nog altyd n swart rok, met baie unieke elemente gehad het en Gatsby was die perfekte inspirasie vir ń splinter nuwe skepping.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek was mal oor hoe nou passend die rok was, met slegs n slit aan die agterkant. Die net was nie net sag en vroulik nie, maar dramaties, ń sleep en kon afgehaal word.