Annika Maritz
Hoërskool Driehoek
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok bestaan uit ‘n geel satynvoering met ‘n ligte babageel organdy laag bo-oor. Die rok se bostuk het ‘n ingeboude korset en is aan die buitekant reg rondom die boonste rand met verskillende grootte pêrels versier. Die “puffy” moue en groot val gee aan my rok ‘n kinderlike gevoel terwyl die simplistiese styl my vroulikheid en “modesty” beklemtoon. My ontwerper, Nadia May, het dieselfde styl as ek en kon my visie in ‘n werklikheid omskep.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, Hoërskool Driehoek.
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Oorspronklik het ek geen idee gehad hoe my rok moet lyk nie. Al wat ek geweet het, was dat my rok die volwasse jong meisie wie ek vandag is, moes weerspieël asook die klein onskuldige dogtertjie wat kaalvoet in Spar se gange gedans en met ‘n glimlag op haar gesig die wêreld aangepak het. Geel is my gunsteling kleur omrede dit 'n wye reeks eienskappe verteenwoordig. Dit simboliseer my saggeaardheid, maar ook my selfvertroue. Dit simboliseer my omgee, maar ook my avontuurlustigheid en dit skree natuurlik "Annika"! Die manier hoe ek in my rok gevoel en gelyk het, het presies weerspieël wie ek was, is en wil wees!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Een honderd persent die kleur! Die verskillende lae materiaal het saam die perfekte kleur geel gemaak. Die moue en val is ook ‘n gunsteling aangesien dit my rok meer vloeiend gemaak het. Ek kon nie ophou in die rondte draai en my sleep laat swaai nie! Die feit dat my rok by die mx-afskeid se tema "Lig op die horison" gepas het, was ook 'n absolute bonus en het 'n dieper betekenis vir my gehad. My rok was die lig aan die einde van die tonnel!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19