Annica Botha
Hoërskool Framesby
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is 'n weerspieëling van my persoonlikheid, styl en die herinneringe wat ek op die aand van my matriekafskeid sou koester. Dit is 'n Hemel-blou kleur wat as 'n Koninklike kleur geklassifiseer kan word. Dit is vir my belangrik dat mense my raak sien as 'n Koningskind en dis hoe ek my rok se kleur gekies het. Die diamante op die bo-kant van my rok en by die gleuf af, skep 'n gevoel van trots en bind die rok bymekaar. My rok het 'n aanheg romp, wat langer is as my rok. Dit gee my rok 'n meer dramatiese en elegante voorkoms. Terwyl ek by enige lokaal in stap, straal selfvertroue uit elke garing van die pragtige ontwerp.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Framesby
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok het gekom van al die struikelblokke wat ek moes oorkom in my Hoërskoolloopbaan. Ek wou 'n rok gehad het wat vir die wêreld sê: " Jy is tot alles instaat deur Hom wat jou krag gee!". Ek het my visie vir my ontwerper, Johan Wolmarans, vertel en hy het toe vir my, my droom rok geskets.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is dat dit vreugde in my hart bring. En die bylas rompie wat die vermoë het om my rok in 'n totale ander vergawe om te skep. Ek is net mal oor my rok en die manier hoe dit my laat voel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-28