Anneri van der Walt
Middelburg Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is gemaak deur die talentvolle Liz McEwan. Ons het van die begin af saamgewerk om my rok te ontwerp sodat dit presies lyk soos wat ek nog altyd gedroom het. My rok is gemaak van Stretch Satin, in die pragtige bottel groen kleur. Dit is die perfekte stylvolle, tydlose, nou-passende rok wat ek wou gehad het, wat ek nog vir baie geleenthede kan aantrek, want hoekom sal ek net so ń pragtige rok een keer dra?
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Middelburg Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My rok is geïnspireer deur style waarvan ek hou en wat my liggaam die beste pas. Dit is gedeeltelik geïnspireer deur die fliek "Anyone but you" toe Aktrise Sydney Sweeney die ikone ligte blou rok aan gehad het. Ek was nog altyd mal oor die kleur groen en ek sou sonder twyfel geen ander kleur gekies het nie. Ek het nog altyd geweet dat ek ń nou-passende rok wou gehad het en ek kan met vertroue sé dat ek die rok van my drome gekry het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my rok is die cowl rug met die blink detail wat oor my rug gedrapeer is. Dit maak my rok uniek en pas perfek by my persoonlikheid. Ek is nie een vir "flashy" uitrustings met te veel "bling" op nie. My rok is eenvoudig nes ek daarvan hou en dit het my perfek gepas wat my baie mooi en spesiaal laat voel het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20