Annemike Du Preez

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

“Love at first sight”… toe ek my rok sien, het ek geweet dit is myne! My rok is 'n Alyce Paris ontwerp en ons het die rok gekoop by Très Jolie Bridal and Evening Wear in Hazelwood, Pretoria. Ek het soos ‘n regte prinses gevoel en my rok het my soos ‘n handskoen gepas. Ek droom al van kleins af oor my “Prinses rok” en die rok het definitief my klein-dogtertjie droom perfek uitgebeeld. Ons tema van ons matriekafskeid was “Edelstene” en my rok het het perfek by die tema gepas! Elke keer wat ek vir my rok kyk, is dit net vir my mooier en mooier. Ek het heel aand geskitter met al die blinkers en my metgesel het hom beslis uitstekend van sy taak gekwyt om my soos ‘n regte Prinses te laat voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my rok verteenwoordig kalmte en dit is presies hoe ek gevoel het… kalm en ontspanne… want alles was perfek!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manier hoe my rok kon draai en al die blinkers!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media