Ek het n jong ontwerper, Mariette Olivier, van Riversdal gevra om my rok te maak, sy is ‘n jong, en inspirerende ontwerper.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Langenhoven Riversdal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die mooi stylvolle rokke wat in Indië gedra word ontdek kort nadat my ouers Indië besoek het. Ek het net daar en dan besluit, dat my matriekafskeid rok ‘n Indiese styl sal hê.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek was deel van die ontwerp proses. Ons kon ons idees kombineer om my droomrok n realiteit te maak. Ek is mal oor die goue borduurwerk op die lap.