Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou 'n corset styl bodice hê, met 'n romp wat A-lyn is en 'n trein of ekstra materiaal wat van my middel na onder val.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets gehad het wat vir my gelukkig gemaak het, wat vir my sou beskryf het in 'n vorm van 'n rok, iets kreatief en kleurvol wat nie sou bots met my haarkleur nie. Ek vrek oor pienk en het volle kreatiewe vryheid gegee aan Alec wat die rok ontwerp het, met die vetroue dat hy my kriptiese beskrywings sou verstaan. Die een kleur was my enigste vereiste en natuurlik 'n blom of twee.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bodice en trein natuurlik! Die blomme en groen blaartjies op die bo-lyf het net so baie dimensie gebring en die trein het die perfekte hoeveelheid drama verskaf om nie die rok té eenvoudig te laat lyk nie. Dit was 'n bonus dat ek dit kon afhak en bêre vir die dansvloer.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19