Ankia Uys
Hoërskool Piet Retief
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Hierdie is die rok waarvan ek nog altyd gedroom het en wat ek eendag na my matriekafskeid wou dra. Dit is die kleur waarin ek my matriekjaar wou afsluit.
Die enigste vraag wat deur my gedagtes gemaal het, was hoe Ankia, gaan jy met jou lyf ooit so rok en kleur kan dra?
Nader aan die tyd, het my voornemens net sterker geword en was ek oortuig dat ek n rolmodel vir ander wou wees. Almal wat met dieselfde "onsekerheid" worstel ,ongeag die nommer van hul rok grootte.
Nadat ek my eie rok "ontwerp" het, het ek vir
Tannie Melissa gevra om my droom te bewaarheid . Na n hele oggend in die lapwinkels het ons finaal besluit op n hoë kwaliteit swaar gewig bruidsatyn in granaat pienk. Sy het my nie een maal laat voel dat dit nie by my sou pas nie.
So het sy my droomskepping vervolmaak! My hart was vol, met die sekerheid dat ek reg gekies het!
Ek het vervuld en opgewonde geweet my rok is vir my, my lyf en my siel!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja Hoërskool Piet Retief
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my rok:
Granaat pienk is nie net n kleur nie, dit is ook n houding, die kleur van n granaat, die kleur van liefde in al sy vorme! Deur hierdie ontwerp en kleur wil ek ander inspireer, hul moet na my kyk en sê: jy is wie jy is, bly altyd getrou aan jouself! Ek wil nooit opgee nie. Ek wil bly wie ek is en ek wil aanhou mooi lyk en voel.
In hierdie "mal" wêreld het ons mense nodig wat energie en positiwiteit uitdra.
My rok weerspieël my energie en waagmoed. Terselfdertyd verteenwoordig dit sagtheid, vroulikheid, sprankel, optimisme, asook n tipe kinderlikheid en dit is wie ek is. In hierdie lyf en liggaam klop daar n hart vol liefde, en ja, ook selfvertroue oor wie en wat Ankia die mens is!
Ons moet fokus daarop om nie ons swakhede te wys nie, maar om ons eie, innerlike krag wat God ons gegee het uit te leef en af te wys.
Met hierdie flambojante, tog stylvolle rok van granaatpienk, is dit Ankia, en dit is wie ek is!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok: my kleur en my sleep.... Ek voel ek druk my stempel af, ek voel dit vly my figuur, dit gee my selfvertroue! Die kleur komplimenteer my blas vel en donker hare. Die sleep is n verlenging van Ankia wat ook mag droom en ook mag leef . Ek gee God al die eer vir hoe Hy my geskape het, met n persoonlikheid wat vloei na die lewe wat vir my voorlê, vry van veroordeling en vir Hom, is ek volmaak en uniek!! 🟣🟣
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19