Ankia Esterhuizen

Jeppe High School for Girls

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het oorspronklik n prentjie van n lang, slank blou rok ingedagte gehad maar toe ons uiteindelik by die laaste boutique instap, het die wye blou rok op die mannekyn onmiddelik my aandag getrek. Soms is dit asof 'n kledingstuk jou net kies. Die styl en kleure het my laat voel asof ek uit 'n sprokie geklim. Die rok het my soos 'n handskoen gepas en dadelik my oë opgehelder. Die dun kralebandjies in die middel en op die skouers, sowel as die fyner besonderhede van geborduurde blomme, het my asem weggeslaan. Om nie eers te praat van die blink "glitter" wat die hele rok bedek het nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Jeppe High School for Girls

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Blou is my gunsteling kleur en ek voel dat die kombinasie van die verskillende skakerings van blou en silwer in die rok my vreugde en vrolikheid weerspieël het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Nie net, het die drie lae van die rok meer beweging gegee wanneer ek in die rondte gedraai het nie, maar ook het dit n magiese gevoel meegebring wanneer dit glinster onder die sprokiesligte. Die korset met die geborduurde blommetjies op die rok was ook iets waarvan ek die meeste gehou het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media