Vir jare het ek bietjie gekyk na rokke en begin om my tipe rok te identifiseer. Elke persoon se lyf en persoonlikheid verskil en smaak ontwikkel oor tyd veral deur verskeie formele skoolfunksies die laaste 5 jaar waarna ons geleenthede gehad het om te eksploreer wat werk op my bouvorm, gelaatskleur en natuurlik ook persoonlikheid. As klein dogtertjie was ek mal oor prinses styl maar later het ek besef my droomrok moet iets wees wat die mooi van vrou-wees kan komplimenteer. Na my eerste afspraak met Jolandie Fouche het die prentjie in my kop finale vorm aangeneem en het ek my idee vir haar geskets.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoer Volkskool Potchefstroom
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
HOEKOM GROEN? Nie net is dit die kleur van my oe nie maar, dit is ook die kleur van ons plaas op sy beste. Deur al die droogtes op ons plaas het ek al gesien hoe lyk 'n "lewendige groen" en 'n "dooie groen" en was ek dankbaar toe Jolandie, my rok ontwerper, die perfekte lewendige groen materiaal vir my rok gekry het. Die kleur was net die begin... Jolandie het my huis toe gestuur met "huiswerk". Ek moes foto's op die internet gaan soek wat my smaak min of meer reflekteer, sodat sy my perfekte rok kon ontwerp. Ongelukkig kon ek nie 'n foto kry wat die prentjie in my kop weerspieel nie en het ek besluit om self 'n skets te maak. Ek het dit vir Jolandie aangestuur, waar sy dit as 'n basis gebruik het waarmee sy kon tower. My idee van my rok was mooi maar Jolandie se "magic touch" het dit asemrowend gemaak. Asof my rok nog nie al persoonlik genoeg was nie, het ek ook gevra dat sy my voorletters op my rok vaswerk. Dit simboliseer die feit dat dit MY droom-matriekafskeid-rok is.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel was hoe ek in my rok gevoel het en hoe alles presies saam gewerk het om die prentjie in my kop te voltooi. Ek het so spesiaal gevoel in die manier hoe die rok alles gekomplimenteer het en kon ek met selfvertoue die rok dra en nie die rok my nie...