Anke Victor
Hoërskool Wilgerivier
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
n Rok ontwerp deur Morilee . My Rok het heelwat fasette wat dit baie uniek maak. Die glitter op die rok verteenwoordig my sprankelinde persoonlikheid en die sakke, wat die wenresep van my keuse was, verteenwoordig die onverwagse verrassings in my persoonlikheid ook ! Die rok is afgerond met n corset wat alles mooi by mekaar bring en my middellyf mooi afrond.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Wilgerivier
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vloei uit my ouma se opgewondeheid en die voorreg wat ek gehad het dat sy kon deel in hierdie spesiale dag. Van klein dogtertjie af, wou ek altyd 'n "draai"-rokkie hê . Met die aanpassery het ek dadelik geweet hierdie is my rok en toe my ouma dit bevestig met "Sussie , dié is jou draai-rokkie", het ek geweet ek soek nie verder nie Die rok bevestig dat drome werklik waar word ,al vat dit soms jare om daarby uit te kom !
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling faset sal verseker my sakke en lekker draai van my rok wees. Die sakke is die verrassings element wat die rok "Wow" maak. Ek is lief vir dans en draai gemaklik met grasie terwyl my rok sy eie dans uitvoer.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20