Anke Maritz



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die rok waaroor ek al so lank droom – die styl; die kleur; die patroon; die detail. Die rok wat enige klein dogtertjie sal laat skaterlag en soos ‘n prinses sal laat voel. My droomrok. My eie sprokiesverhaal.
Ek weet al baie lank dat ek die “fairytale look” wou doen. Parys geïnspireerd! Dit weerspieël my liefde vir die kuns en kultuur, my passie vir die lewe en is beslis ‘n uiterste refleksie van die hopeless romantic wat ons almal maar op die ouderdom van 18 is. Ek en my rokontwerper het saam na materiaal gaan kyk en onmiddellik verlief geraak op hierdie rooskleurige, fyn gedetailleerde materiaal met ‘n sagte pienk satyn vir die onderdeel.
Dis waar my sprokie begin het en ek is oneindig dankbaar aan my ontwerper wat lewe aan ‘n idee, ‘n prentjie – ‘n ontwerp, gegee het, en hierdie absolute kunswerk na vore gebring het.