Die rok is een van Ernst Schultz se ontwerpe. Ek was nie seker oor watter styl my sou pas nie so ek het gaan rokke aanpas. Die rok was die heel eerste rok wat ek aangepas het. Ek het dadelik van die rok gehou. Die "sage green" het by my vel gepas en die korset gedeelte het dadelik my aandag getrek, dit was asof die rok vir my gemaak was.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoerskool Schoonspruit, Klerksdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die rok gekies omdat dit by my geaardheid pas. Dit het my soos 'n prinses laat voel. Vrolik en vol lewe. Die delikate "detail" op die hele rok en die blommetjies het dit baie elegant laat lyk.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok was die skoenlappertjies wat saam met die blommetjies voor gekom het, dit is baie sweet vir my gewees.