Anjese Van Rooyen

Hoërskool Brandwag

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die ontwerpkeuse wat ek aan besluit het vir my matriekafskeid rok was om iets natuurlik en eenvoudig te doen. Ek sien baie rokke wat baie dieselfde lyk, dus het ek besluit om die bokant iets te maak wat ek nog nie regtig gesien het by n matriekafskeid nie. Die rok is n “choker” om die nek wat by die bors aansluit dan word die bokant aan die onderkant verbind met n belt. Die onderkant het dan n rokspleet aan die linker kant.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Brandwag

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het vir n familie ete n bruin toppie gedra, vanaf ek daardie toppie gedra het, het ek so mooi komplimente gekry oor hoe mooi bruin op my pas. Ek het besluit dus gaan ek bruin in my matriekafskeid beplanning meng. Die insipirasie vir die rok self het ek gekry deur n rok wat my ma by haar beste vriendin se troue gedra het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok was die rokspleet en die deel van die rok wat om my nek geheg was. My heel gunstelling deel van my rok was die kleur. Die kleur was uniek en dit was ook n kleur wat niemand regtig sou verwag om te sien nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media