Die hoogtepunt van my matriekafskeid was my pragtige pouveerrok!
My rok was nie net 'n mode-item nie, maar 'n persoonlike simbool van my kinderjare en die vreugde wat ek van kleins af beleef het in die natuur. Visse, voels en vere, veral pouvere!
My rok se kleur is 'n unieke sagte salie groen wat styf kom oor my onderlyf en uitklok na onder, bo-oor is die sagte swart skitterende gaas wat dit 'n misterieuse gevoel gee. Die bo-stuk is 'n korset wat met swart kant en pouvere geborduur is.
My rok is gemaak deur Lizel-Mari Couture.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Parel Vallei
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
As kind waar ander dogtertjies Barbie en Hello Kitty tema partytjies gehou het, was my partytjie temas altyd van voels byvoorbeeld uil, flamink, en ek onthou graag my spesiale pou-verjaarsdagpartytjie op 5!
Die pragte helder kleure en patrone van die majestieuse voel se vere het my laat voel soos'n regte prinses. Daardie dag het 'n diep indruk op my lewe gemaak, en die beeld van die pouvere sal my altyd bybly.
Jare later, toe ek begin dink aan my matriekafskeidrok, het ek geweet dat ek iets spesiaals wou hê wat hierdie kosbare herinnering sou vereer. Ek het besluit om 'n rok te laat maak wat geïnspireer is deur die pouvere van my kinderjare. Daarom was my rok versier met regte pouvere wat in 'n pragtige patroon gerangskik was wat die rok 'n unieke voorkoms gegee het. (My vriendin Sophia Muller het die vere vir my opgetel op haar tannie se plaas.)
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die uniekheid van my rok is vir my baie spesiaal, die kleur en pouvere, is uitsonderlik en het my baie spesiaal laat voel.
Ek was bevoorreg om my rok ook te kon dra na Paul Roos Gimnasium se matriekafskeid op die 19de September!