Anita Brand
Hoër Meisieskool Bloemhof



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Tannie Marlene Zevenster was ons buurvrou toe ek klein was. Sy het van kleins af, sommer vir pret, my rokkies gemaak vir Gr R konserte en dans opvoerings. Ons het altyd grappies gemaak dat sy eendag my matriekafskeid rok gaan maak. Ons het albei weggetrek maar nogsteeds kontak behou. Sy hét toe my droomrok ontwerp en gemaak.
My keuse: minimalisties, elegant. "Less is more". Die materiaal: 'n Dutchess satin met 'n volsirkel romp met diepgevoude plooie en voor op die linkerbeen 'n spleet. Die bostuk is 'n beheerde gepunte korset styl met sagte horisontale drapering.
Turkoois om my oë uit te bring. Silwer en glitter om die rok af te rond. Hare en grimering: sag en vroulik.
My volgende rok (Tannie Marlene….my trourok)