Aníke Calitz

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dit was beslis 'n lang proses om die perfekte snit vir só 'n rok te kry. Ek wou graag gehad het dat al die aandag natuurlik op die kunswerk-gedeelte van die rok moes wees. Daarom wou ek die boonste gedeelte eenvoudig hou met die helder koningsblou kleur en vleiende neklyn.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is al van kindsbeen af die kunstenaar in my gesin en Vincent van Gogh was nog altyd een van my gunsteling kunstenaars! Ek het toe gedink dat dit 'n kreatiewe idee sal wees om sy bekendste werk in die vorm van 'n rok te dra. Van Gogh se 'Starry Night' het 'n baie spesiale plek in my hart as gevolg van die unieke styl waarin dit geskilder is en omdat ek ook 'n liefhebber vir die sterrenag is. Dié kunswerk het my geïnspireer om uit die boks te dink en 'n rok te ontwerp wat my persoonlikheid weerspieël! Te danke aan my fantastiese rokontwerper, Lindi Gous, het my droomrok in 'n realiteit verander.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rompgedeelte van my rok is beslis my gunsteling! Aangesien dit groot, vleiend en die pragtigste skakerings van blou is en letterlik die hele prentjie van 'Starry Night' wys is dit 'n absolute gunsteling!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media