Anika Oosthuizen
Hoërskool Linden



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek maak al van Gr 7 af prentjies bymekaar van matriekafskeidrokke. Al wat ek geweet het, is dat ek vir altyd oor hierdie dag gedroom het, so my rok moes perfek wees! Reeds in Februarie het ek gaan rokke pas, met die idee om dan my eie rok te ontwerp. Maar toe ek hierdie rok (ingevoer uit Rome) aanhet, dit pas my soos ‘n handskoen en ek en my Ma bars in trane uit, het ek geweet dis die een! Tydloos, stylvol, klassiek, maar steeds speels en jonk! En so uniek – ek het nog nie so ‘n rok gesien nie – “midnight” blou met silwer blomme! En die beste van als – die sakke!! My droom het gerealiseer, ek het soos ‘n prinses gevoel!