Angelique Roodt

Hoërskool Pearson

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My Inspirasie – Wat ‘n besonderse dag!

Angelique het kleintyd dit geniet om haar Ouma te help in die tuin. Hulle gunsteling blomme was Fuchsias omdat dit soos dansers met mooi rokkies aan gelyk het. Ongelukkig is haar Ouma aan kanker oorlede. Ek het eers besef hoe diep Angelique die spesiale tye saam met haar Ouma koester toe sy begin beplan het aan haar matriekafskeid. Haar rok moes fuchsia-pienk wees ter herhinnering van hulle gunsteling blomme. Sy was onwrikbaar daaromtrent, selfs toe ons glad nie fuschia materiaal in Port Elizabeth kon vind nie. Gelukkig het ons geleentheid gehad om na haar deelname aan die SA Netbaltoernooi; in Krugersdorp ‘n draai te maak en daar het sy die perfekte materiaal gevind. Dit was ongelooflik om te sien hoe my meisiekind wat so gemaklik is in skool/netbal/spiesgooiklere, haar matriekafskeid in groot besonderhede beplan het. Die snit van die rok moes elegant, vroulik en eenvoudig wees en die kleur die fokuspunt. Haar juwele uniek: sy het ‘n armbandjie van haar Ouma gebruik om oorbelle te laat maak en ‘n ring van my laat smelt om twee eenvoudige ringe te maak – so wou sy die Ouma-Ma-Dogter simboliek insluit in die dag. Haar grimeerpalet was beplan om die fuchsia en goue juwele te komplimenteer en ‘n moderne hoë bokstert om haar mooi rug te beklemtoon. Die fotogeleentheid is met ewe groot sorg beplan. Op die dag self het my dogter gestraal. Sy het by haar Ouma se huis aangetrek, omring deur familie en vriende. Angelique en haar metgesel het die aand terdeë geniet.

Spesiale dank aan: Anita Seal (rokontwerper) en Boho Photography

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media