Aneldri Stopforth

Hoerskool Punt

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Na vele ontwerpskeuses het ek besluit op hierdie spesifieke ontwerp omdat dit iets uniek en modern is. Die Roosgoud kleur is ook heeltemal iets anders as wat die gewone kleure gewoonlik is. Ek wou heeltemal iets anders he as wat almal altyd kies. Ons het die foto na Ronel de Beer Couture geneem en sy het die rok ontwerp en gemaak volgens my behoeftes. Dit was ook 'n reuse soektog om die spesifieke kleur materiaal te kry, Sy het ook 'n bypassende kortbroek gemaak omdat die rok deursigtig is. Ek wou graag gehad het dat die rok elegant maar nogsteeds modern en jonk moet wees. Dit was presies wat ek in gedagte gehad het!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja op 19 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die tema van die matriekafskeid was "Vintage" en wat beter as 'n Roosgoud rok om by die tema in te pas. Ek wou gemaklik voel en lyk in die rok - en dis presies hoe ek gevoel het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is redelik lank en ek het baie van die sleep gehou omdat dit my lengte beklemtoon het. Die blink in die rok was ook nie te veel en ook nie te min nie. Dit het verseker baie mooi gelyk op die fotos aangesien dit 'n reenerige dag was.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media