Anel van Niekerk
Teneo Online Schooling
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is klein, fyn en baie skraal gebou met min kurwes aan my lyf. Ek het na Johan Botha Fashion Design toe gegaan sodat hy my rok kan ontwerp, maar was onseker oor die styl en snit van die rok. Hy het voorstelle gemaak oor die silhouette van die rok en die snit wat beste by my lyf sal pas. Ons wou my lang bene en elegante rug na vore bring met die rok. Die bo-stuk is gekies om sexy, maar styvol te lyk.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja - Tuisskool Dinee by Diamantvallei Landgoed
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Mense het al van kleins af vir my gesê dat ek 'n "airy-fairy" blommekind is en ek wou dit uitbeeld met my rok. Ek wou lyk soos 'n feetjie wat sopas uit die woud uit gestap het. Ek wou natuur elemente op my rok sit om my blommekind persoonlikheid uit te beeld.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Om my idees met die ontwerper ( Johan Botha ) te kon deel en hy het van die eerste oomblik af presies geweet wat ek wou hê. Om die proses van die rok te sien was baie lekker, maar die aand wat die rok klaar was, en ek dit gepas het, was die beste. Om die prentjie aan my lyf te sien wat ek nog net in my kop gesien het, het my skoon emosioneel gemaak. Om die eindproduk te sien, met hare en grimering, het my asem weggeslaan. Al was daar skielik 'n koue front, het ek steeds soos die feetjie prinses gevoel wat ek al jare van gedroom het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20