Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het lank gesoek na 'n rok wat my gaan komplimenteer en gaan uitstaan bo die res. Ek het self my rok ontwerp en my ontwerper, Trevor, het dit na lewe gebring. Die bostuk bestaan uit fyn kralletjie werk en prentjie mooi strikke wat bo op my skouers gerus het. Die skirt het bestaan uit drie deursigtige valle.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het na vele rokke gekyk en kon niks vind wat my aandag vang nie. Ek wou graag 'n rok hê wat uniek, stylvol en gemaklik is. Die drie valle was ook iets wat ek nog nie tevore gesien het nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die groot strikke.
Die was beslis die fokuspunt van my rok, en dis een detail wat so mooi by die rok gepas het.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-05